Friday, 27 April 2018

Boeke is baie soos vroumense...

Sommiges is dun, ander is dik. Party is styf, ander is slap. Sommiges is los. Een is verhewe en ander is plat. Baie is langwerpig, ander vierkantig of "square". Sommiges is besmeer, ander weer is goed versorg. Party is duur, ander goedkoop. Baie is oop, maar 'n groot persentasie is maar toe.

Sommiges hanteer maklik, ander is stram en die blaaie sit vas. Party moet jy vér van jou hou, ander naby, ander moet styf vasgehou word - soms selfs op jou skoot.

Die drukkers behaal nie met almal dieselfde resultaat nie. Sommiges is swak gebind. Hulle bult oral uit en wys lelike knoppe. Sommiges benut mens nie - hulle bly op die rak. Party is gehawend en moet oorgetrek word, ander vertoon op hul beste sonder enige omslag of buiteblad.

Party is jou vriende, ander het jy lief. Van party onthou jy nie eers die naam nie. Terwyl jy ander liewer wil toeklap. Die meeste is op hulle plek, maar ander lê rond en moet eers 'n naam op kry, voordat jy weet wie s'n dit is.

Party moet verban word, ander behoort verbrand te word. Sommiges is opbeurend, ander neerdrukkend. Sommiges vervelig, ander boeiend. Sommiges lagwekkend, ander inspirerend. Sommiges wil jy graag altyd saam met jou hê, ander laat jy liewer by die huis.

Inagnemend al die voorafgaande, bly boeke vir my die mooiste, interessantste, onvoorspelbaarste, onmisbaarste en magtigste skepping in die hele wêreld.

(Anoniem)    

Monday, 2 April 2018

Monday, 8 August 2016

Saturday, 6 August 2016

Friday, 10 June 2016

'n Bietjie son en see in Amanzimtoti!

Henry en Alda Welman in Durban. Ons lugfotograaf was
Elias Samuel!!
Nog foto's!!

Sunday, 5 June 2016

Monday, 10 August 2015

Viva Suid-Afrika...

Henry en Sbu
Party mense dra hulle hart op hulle mou en ander dra die 
landsvlag op hul wang ... of was dit 'n geval van draai 
die ander wang ... ? 

Sunday, 9 August 2015

Nasionale dag in Brasilië...

Henry en Alda Welman mentors van Dinamika 3099!

Saturday, 8 August 2015

Tekkie-stalletjie by SAGE-wêreldbeker!!


Heerlike foto's van die onthoudag waar Dinamika 3099 se stalletjie aangewys is as die wenstalletjie!