2019 Prince Albert Leesfees en die Australiërs

Terug na HOME PAGE

Die Prins Albert-leesfees is vanjaar vir die agste keer aangebied en volgens die organiseerders is die fees hier om te bly. Dit blyk dat skrywers uiters geneë is om aan die kleiner feeste in die land deel te neem en van die feesgangers verkies ook die kleiner feeste.

Skrywers kyk deur ander lense: Hannes Visser | Friday, 08 November 2019, 10:02

Die komitee wat vanjaar se Prins Albert
-leesfees beplan en aangebied het is,
Elize Senekal, Barbara Gorniak, Linda Jaquet,
Vanessa Botha, Yolande Singery, Reinie Smit,
Laetitia van Dyk and Linda Fodor.
PRINS ALBERT NUUS - As ons begin met bewaring beteken dit ons het reeds iets opgemors en mense moet ophou "moan" en Steve-Steve speel en eerder dink aan hoe hierdie land vorentoe opgebou kan word.

Dave Pepler, bekende bewaringskundige en Dana Snyman se sentimente hierbo was maar twee van verskeie gedagtes wat die meer as 15 deelnemers aan die afgelope naweek se Prins Albert-leesfees gedeel het. 

Gesprekke oor misdaad, resepte, kinderhandel, bewaring, nostalgie, die digkuns en fotografie was deel van die naweek se program. 

Soos gewoonlik was dit ook nie slegs 'n fees van luister nie. Skrywers en kundiges soos Anzil Kulsen, Zelda Bezuidenhout, Nadine Blom, Jitsvinger en dr. Mia Oosthuizen, het werksessies aan volwassenes en hoërskoolleerders aangebied. Daar was selfs 'n paartjie van Welkom (Henry en Alda Welman) wat die skryfsessies deur Mia Oosthuizen kom bywoon het. Die skryfsessie wat Saterdagoggend by Hoërskool Zwartberg deur Anzil Kulsen, Nadine Blom en Zelda Bezuidenhout aangebied is, is deur 21 leerders van die skool bygewoon. Twee van hulle, Amirah Delport (poësie) en Romann Steenkamp (prosa) het die vorige aand pryse ontvang vir hulle inskrywings aan die jaarlikse skryfkompetisie wat deur die leesfees aangebied word. 

Dana Snyman het op sy kenmerkende manier
oor sy boek 'Soekmekaar' met die digter,
Pieter Hugo, gesels.
Dat skrywers en boeke groot ondersteuning geniet, was duidelik met wat tydens die rugbyeindstryd gebeur het. Die komitee moes besluit of die twee gesprekke met die skrywers Sally Andrew en Fred Khumalo wat op dieselfde tyd as die rugbyuitsending sou plaasvind, moes voortgaan. Daar is besluit om die program onveranderd te hou en met albei gesprekke was die teater byna vol.

Die besluit om die leesfees vanjaar weer by die Jans Rautenbach Schouwburg aan te bied is aanvanklik met gemengde gevoelens begroet, maar volgens feesgangers was dit 'n goeie besluit aangesien die Schouwburg sentraal geleë is en, soos een van die feesgangers gesê het: "Die skouterrein sou Saterdag met die rugby nie gewerk het nie, die plek het van vroeg af gekook met rugbyondersteuners en dit sou beslis die feesprogram omvergegooi het."

'n Paartjie van Beaufort-Wes wat die vorige week die Boekbedonnerd-fees op Richmond bygewoon het, het gesê met die kleiner feeste kry besoekers die geleentheid om rustig met skrywers te sit en gesels en hulle beter te leer ken.













Prince Albert se boomjuwele












Johann en Sarah in Prince Albert
"Mont d'Or Swartberg Hotel is a charming four star (TGCSA) Victorian hotel, situated in the heart of our quaint Karoo village, Prince Albert. Established as a hotel in 1864, the Swartberg is now one of 19 national monuments in the village and is still the only hotel in Prince Albert today."

En dit is presies dit wat ons graag wou hê dat Johann en Sarah moes ervaar. Karoovriendelikheid, ou wêreldse sjarme in die hotel se eetsaal en biblioteek en personeel wat nie skroom om tot diens te wees nie. 

Prince Albert Hotel














Lah-di-dah-restaurant: Prince Albert
 






No comments:

Post a Comment