Thursday 27 December 2018

Interessante koerantberigte

10 Types of European Breads With Fascinating
Stories. Klik
HIER
Why Don’t We Forget How to Ride a Bike? Klik HIER


Combatting Stereotypes: How to Talk to Your Children Klik HIER
.
No Flour, Pasta or Eggs? The Perfect Substitutes for
20 Common Ingredients. Klik
HIER



Tuesday 17 July 2018

2007: Amanzimtoti ...

2 Julie 2007 - Henry word 48 jaar oud!
Nog foto's hier!!

Henry, Sibusiso, Elias en Simon


Tuesday 10 July 2018

Die battery-vakansie: ontlaai en herlaai ...


Ons het vir ons 'n selfiestok (natuurlik in China gemaak), gekoop en daarna geoefen om 'n paar selfies te neem. Daar is natuurlik ook 'n paar ander foto's geneem!



Friday 27 April 2018

Boeke is baie soos vroumense...

Sommiges is dun, ander is dik. Party is styf, ander is slap. Sommiges is los. Een is verhewe en ander is plat. Baie is langwerpig, ander vierkantig of "square". Sommiges is besmeer, ander weer is goed versorg. Party is duur, ander goedkoop. Baie is oop, maar 'n groot persentasie is maar toe.

Sommiges hanteer maklik, ander is stram en die blaaie sit vas. Party moet jy vér van jou hou, ander naby, ander moet styf vasgehou word - soms selfs op jou skoot.

Die drukkers behaal nie met almal dieselfde resultaat nie. Sommiges is swak gebind. Hulle bult oral uit en wys lelike knoppe. Sommiges benut mens nie - hulle bly op die rak. Party is gehawend en moet oorgetrek word, ander vertoon op hul beste sonder enige omslag of buiteblad.

Party is jou vriende, ander het jy lief. Van party onthou jy nie eers die naam nie. Terwyl jy ander liewer wil toeklap. Die meeste is op hulle plek, maar ander lê rond en moet eers 'n naam op kry, voordat jy weet wie s'n dit is.

Party moet verban word, ander behoort verbrand te word. Sommiges is opbeurend, ander neerdrukkend. Sommiges vervelig, ander boeiend. Sommiges lagwekkend, ander inspirerend. Sommiges wil jy graag altyd saam met jou hê, ander laat jy liewer by die huis.

Inagnemend al die voorafgaande, bly boeke vir my die mooiste, interessantste, onvoorspelbaarste, onmisbaarste en magtigste skepping in die hele wêreld.

(Anoniem)