2020 Bloemfontein: Kersfees by Sangiro

Dit is in kort wat LekkeSlaap op hulle webwerf oor Sangiro skryf: 

"Sangiro Game Lodge is net buite Bloemfontein en baie naby die Shell Ultra City by die afrit van die N1 na Bloemfontein.

Sangiro Game Lodge is op 'n klein wildreservaat en jy sal moontlik bokke sien wanneer jy op die veranda van jou houtchalet ontspan. Die chalet is voor 'n rotsagtige heuwel uitgesprei en bied unieke privaatheid en uitstekende uitsig.

Elke chalet by Sangiro Game Lodge het 'n dek met 'n braai en klein sitarea, 'n slaapkamer en badkamer met 'n stort. Die akkommodasie is basies, skoon en ruim en is daarom perfek vir oornagverblyf naby Bloemfontein.

Die lodge bedien 'n heerlike ontbyt met wonderlike gasvryheid."




Alpakka by Sangiro

Eers het ons vir hulle gaan kuier, waar hulle baie lui onder die houthut gelê en dut het. Duidelik het ons hulle in hulle middagslapie gesteur, want met so 'n slapoog is ons betrag. En heelwat later, het hulle vir ons kom kuier en eers versigtig om die hoek geloer, voordat hulle hulself aan die mielies (eintlik vir die poue uitgegooi) gehelp het. Hierdie semi-herkouende diere, met meer as een maag, het aan die regte deur geklop - iemand wat met 'n bottel mielies in die kattebak rondry!
   







Beeste lê ook huisbesoek af:
 
Sommer so van die stoep af, word daar gekuier - kwylend kom bedel hulle ook 'n lekkernytjie. 
 






'n Bok vir sports:




Skei die skape van die bokke:









Is dit skaapvleis op die kole??


Donkies: Nederigheid en waardigheid in een pakkie:

















No comments:

Post a Comment