HARTENBOS en MOSSELBAAI
Die poskantoorboom
Die bekendste witmelkhout (Sideroxylon inerme) is die poskantoorboom by Mosselbaai wat na raming ongeveer 600 jaar oud is. Dit word as Suid-Afrika se eerste posbus beskou. Volgens oorlewering het Portugese soldate in 1500 'n skoen met 'n brief aan die boom opgehang. In die brief beskryf 'n skeepskaptein van die vloot, Pedro d’Ataide die verdrinking van Bartholomeus Diaz. Hy wou die brief na Portugal stuur en het dit toe in die boom laat ophang met die hoop dat die brief sy bestemming sou bereik. 'n Paar maande later ontdek 'n ander Portugees, Joao da Nova, die brief en neem dit saam huis toe.
MEIRINGSPOORT en OUDTSHOORN
Meiringspoort bied 'n deurgang vanaf Oudtshoorn in die Klein Karoo tot Beaufort-Wes in die Groot Karoo.
16 km pad deur 'n natuurlike kloof in die Swartberge met 63 draaie en talle rivierkruisings. Die voue en plooie van eens horisontale lae van die Tafelbergsandsteen, die unieke plantegroei en talle watervalle is werklik indrukwekkend. Pa Schalk het altyd gesê dat 'n mens die teenwoordigheid en die grootsheid van die Here kan aanvoel, as jy in Meiringspoort is.
Meiringspoortwaterval (Die Groot Waterval)
Hier is gerieflike stilhouplek en inligtingsentrum vir die reisiger en om algemene inligting oor plante te kry, Daar is 'n wandelpaadjie na die 60 m hoë waterval. Die trappies is spesiaal in 1925 gebou vir die besoek van die Prins van Wallis. Duikers het gevind dat diepte van poel onder die val sowat 9 m is en nie bodemloos is soos oorvertel nie. Pa Scalk het talle kere die paadjie na die waterval geklim as ons gestop het om foto's te neem en sommer net om die natuur te kon inasem. Later het hy en Henry die roete gedoen en nog later het hy in die kar gesit en wag as Henry gou gaan kyk hoe sterk die waterval is.
Geskiedenis (in kort)
Vir die boere noord van die Swartberge was dit moeilik om hulle produkte soos wolbale na Kaapstad per ossewa te vervoer vir uitvoer na Europa. Mosselbaai was nader, maar die Swartberge was 'n hindernis. Die boere van George wou weer hulle produkte soos aartappels, patats en inheemse hout en houtmeubels verruil vir vee noord van die Swartberge.
'n Behoefte vir 'n deurgangsroete het ontstaan en 1854 het die bekende pasbouer, Andrew Geddes Bain en sy seun Thomas Bain 'n ander roete begin soek. Charles Bell (landmeter) stel voor dat 'n ruiterpad in die kloof van die Grootrivier ('n tak van die Olifantsrivier) verbeter kan word vir ossewaens. Die pad word gebruik deur Petrus Meiring en sy bure wat plase besit waardeur die kloof gaan. Bell waarsku ook dat die pad baie blootgestel is aan oorstromings tydens vloede.
Spoedig word daar begin met die bou van 'n pad, 93 arbeiders neem 223 dae om pad te voltooi.
3 Maart 1858 is die feestelike opening van Meiringspoort, genoem na Petrus Johannes Meiring, gebore 1799, die eienaar van die 2 plase, Varkenskraal en De Rust, waardeur die pad loop. Nie eers die feit dat die Sjampanjebottel eers na die derde probeerslag gebreek het nie kon die vreugde demp nie.
Die eerste 12 waens gepak met wolbale vertrek dieselfde dag nog na Mosselbaai.
Tot 1888 met die opening van die Swartbergpas was Meiringspoort die roete van die kus en Klein Karoo na die binneland.
Oorstromings
Geld vir instandhouding van die pad is by tolhekke ingesamel. By tolhuise het winkeltjies en verblyfplekkies ontstaan.
Die eerste tollenaar, Rankin, het vir 15 jaar sy pos volgestaan. Hy was 'n kruiekenner “herbalist” en 'n tandetrekker. Julie 1870 rapporteer hy dat daar al meer as 1 miljoen kg wol reeds deur Meiringspoort na Mosselbaai vervoer is.
Ongelukkig is Bell se waarskuwings van oorstromings en verspoelings gou bewys. Kwaai reën in die Karoo het vloede in die Grootrivier veroorsaak en die pad verspoel dikwels. Die tolgeld is nie meer genoeg om die pad elke keer te herstel nie.
1885 veroorsaak 'n vloed weereens groot skade en Thomas Bains word gevra om te kom help met die herstelwerk. Hy was reeds besig met die bou van die Swartbergpas. Hy raak betrokke en verminder heelwat van die rivierkruisings. Ook hier ontwikkel hy die tegniek van rotssplitsing. Hy verhit die rotse met 'n reuse vuur en koel dit dan af met emmers water wat rotse laat bars.
1933 tydens die Groot Depressie laat die staat verbeterings aanbring aan die pad as 'n werkskeppingsprojek.
1945 -1947 is 17 laagwaterbruggies gebou
1948 -1953 laat Oudtshoorn en Prins Albert nog laagwaterbruggies bou om onderhoudskoste te verminder.
1966-1977 word verbeteringe aangebring veral aan die bottelnek tussen De Rust en Klaarstroom en die pad word geteer. Skietwerk word tot die minumum beperk. Opvulmateriaal word van ver af aangery, meestal vanaf Renosterkop naby Drie Susters.
Nov 1996 verwoes 'n groot vloed weereens dele van die pad. Meiringspoort is vir byna 3 jaar gesluit, maar met die heropening in Oktober 2000 is dit 'n toonbeeld van ingenieursvernuf. Oorblyfsels van die ou pad is nog hier en daar sigbaar.

Herrie se klip
Langs die nasionale pad, halfpad in Meiringspoort staan die
klip waarop CJ Langenhoven Herrie, die olifant se naam uitgekerf het. Hierdie
klip is bekend as die Herrieklip.
Herrie is die olifantkarakter in Langenhoven se kinderlektuur o.a. Herrie op die tremspoor waar Herrie 'n gesin rondgesleep het. Groot tweespalt heers onder lesers of Herrie 'n denkbeeldige figuur uit Langenhoven se verbeelding was, al dan nie.
In Julie 1929 het CJ Langenhoven (1873-1932), Afrikaanse
skrywer, taalstryder en digter van die Suid-Afrikaanse Volkslied, die naam “Herrie”
van die bekende olifant in sy boek “Sonde met die Bure” uitgebytel. Met sy
kenmerkende humorsin het hy skertsend daarna verwys as 'n monument vir homself.
Die terrein is in 1973 met die honderdjarige herdenking van Langenhoven se
geboortedag tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
[Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede; nog inligting in Engels]
Herrie Se Klip
Herrie se Klip, which you will find in Meiringspoort, was declared a National Monument on August 3, 1971. This famous spot where the Herrie Stone can be seen was C J Langenhoven’s , (the well known writer and attorney) favourite place to relax and write his ever popular books. The name Herrie was chiselled by him as a monument to the imaginary elephant from his story “Herrie op die Tremspoor” (Harry on the Tram Line). Langenhoven wrote South Africa’s first National Anthem (part of which is included in the present anthem). His famous comment about Meiringspoort, is: “In each bend you will find a drift and at each drift a bend.”

OUDTSHOORN
Safari Ostrich Show Farm’s Classic Tour has distinguished it as the show farm of choice for thousands of visitors over the past 56 years. It is a working farm, where you will see many ostriches during the course of the tour, including displays of different types of ostrich feather.
Safari Ostrich Farm Tractor Tour is the only Tractor Safari on an Ostrich Farm in the World. An awesome opportunity to take great photographs of the worlds largest and most ancient bird . Take the opportunity to see different species of ostriches. Safari Ostrich Farm is the first show farm in South Africa where the Kenyan Red, Zimbabwe Blue and South African Birds can be viewed. You may even spot a rare White ostrich.
No comments:
Post a Comment