2009 Brasilië deur die oë van SA se SAGE-span!

SAGE
Die SA-kampioene van SAGE 2009! Brasilië...!! Wat 'n hoogtepunt vir Dinamika 3099! Hierdie hartsprojek het in  4 jaar so gegroei dat dit op wêreldverhoë saam met die groot moondhede kon kompeteer! Dit was 'n besielende en verrykende leerskool. Hierdie span staan onder leiding van Alda Welman!

Dinamika 3099 het in 2006 ontstaan. Dit is 'n gemeenskapsdiens-gedrewe organisasie wat uitreik na mense en organisasies in nood. Organisasies kontak hulle om met fondsinsamelings te help. Hulle tree dus as agente op.

Op uitnodiging het hulle in 2007 aan die  SAGE-provinsiale kompetisie deelgeneem. Daar het dié graad 10-span met slegs een punt teen die provinsiale wenners ('n graad 12-span) verloor. (SAGE - Students for the Advancement of Global Entrepreneurship)

In 2008 is hierdie span op grond van hulle gemeenskapsdiens en prestasie uitgenooi om die land in Nigerië te verteenwoordig.

2009 was die hoogtepunt van die SAGE-span se werksaamhede. Hulle wen die provinsiale kompetisie, dring deur tot die nasionale kompetisie wat hulle loshande wen en as Suid-Afrikaanse kampioene verteenwoordig hulle Suid-Afrika in Brasilië.

Hulle en die span van die VSA kom gelyk eerste en na 'n stemming deur die beoordelaars verloor Dinamika 3099 weereens met een punt en eindig tweede in hulle liga en behaal 'n algehele 5e plek in die wêreld. 'n Uitsonderlike prestasie vir eerste deelnemers.

Die wenspan het bestaan uit Eric Plaatjie, Sibusiso Tshabalala (albei gr. 12-leerders) en David Maroba (gr.9)


Hier verskyn lede van Dinamika 3099 nadat hulle aangewys
is as die provinsiale wenners. Voor: Mbulelo Peter (gr. 11), 
David Maroba (gr. 9), Elias Mosala (gr. 11)
en Jerry Mokoroane (gr. 11).
Agter: Sibusiso Tshabalala (gr. 12), me Monika Mbele
(EBW-LF), me Alda Welman (mentor - HTS Welkom),
me. Clarah Thamahane (HTS EBW-LF),
Herman Mostert (gr. 12) en Dora Mokhobo (EBW-LF).


HTS is SAGE 2009 se Suid-Afrikaanse kampioene!! 
Die 9e Mei is Dinamika 3099 aangewys as die
Vrystaat-wenners en op 16 Junie (Jeugdag) het
hierdie "jeug" die nasionale wenners geword wat
sake as die SA-span in Brasilië gaan uitspook!   
Voor: Eric Plaatjie, Herman Mostert, mnr. Gunther
Hinrichs (skoolhoof), Sibusiso Tshabalala, David
Maroba Agter: Mbulelo Peter, Elias Mosala, Jerry
Mokoroane en Marck Maphori.
OR Thambo-lughawe!

Eric Plaatjie, Sibusiso Tshabalala en Henry Welman,
me. Clarah Thamahane (HTS EBW-LF). Eric Plaatjie,
Sibusiso 
Tshabalala en Alda Welman.

Klara, Alda, Mynhardt Greeff (personeellid van HTS),
Tshabbies, David en Eric.


Eric, Klara en Alda, met 'n deel van die baie belangrike
jaarverslag - nog verrr van klaar af!. Elke spanlid het so 'n 
stapel papier gekry, want die gewig moes verdeel word ...  
Tshabbies se familie kom hom by die lughawe groet!

David, Tshabbies en Eric staan onder die vertrektye!

Partymaal raak die gewag net te lank en twee deurnagte na 
mekaar begin sy tol eis. David Maroba is 'n slapende bewys 
hiervan!! Slaap het David meer kere tydens die toer oorval,
op die ongewoonste maniere! 
Madiba: "Sterkte, Tshabbies! Maak ons trots!"
'n "Kraletjie-Madiba" is die enigste om Sibusiso Tshabalala 
(Besturende Direkteur van Dinamika 3099) sterkte toe
te wens vir die kompetisie!!!

'n Blik op ons vliegtuig! Van die spanlede se eerste keer in die lug. 
SAL gee vlerke aan ons drome!
Sao Paulo vir twee dae!

Die slapers in die SAL! Vuyo staan net vir wyle, voordat die
slaap weer roep!

Wat is die slaap 'n wondersoete ding, Tshabbies!

Foto's op pad na die hotel - kyk die petrolpryse!
Voor die hotel!

Die hotel: Luz plaza!

 Uitsig oor Sao Paulo uit Hotel Luz Plaza - die toring regs is die 
stasietoring.

Uit die hotel geneem!

Voor die hotel en uit die hotelvenster!

'n Oproep Suid-Afrika toe?

Die 20 jaarverslae vir die beoordelaars word gou in die
hotelkamer gebind! Vele hande maak voorwaar ligter werk!

Die stapels papier wat nou boekies word!


Die stasie van Sao Paulo ongeveer 17h00!

'n Klavierspeler op die stasie verander die atmosfeer op die stasie!
Pendelaars verlaat die stasie op 'n "hoë noot"!
Hy sorg dat die inwoners van Sao Paulo op 'n vrolike noot
werk toe gaan, asook huis toe gaan!! 'n Ongewone inkomste.
Die klavier is met kettings vas by die ingang van die stasie.  

Ons vaar die strate in en duidelik het elkeen gou iets gekry
waarvan hy hou!

Motorfietsuitstalling in die mall!

Versterk die innerlike tussen die winkels deur!

'n Eetplek in een van die systrate, weg van die toeriste-eetplekke,
waar die plaaslike mense graag eet!


Bakke rys vorm die basis van enige ete!




Uitgeput na 'n lang dag, het Eric en David gaan slaap!

Op pad na die hoofstad vir die kompetisie en die groep
verdeel in twee, die een lot vertrek 'n dag voor die ander,
omdat daar nie plek op die vliegtuig vir die hele span is nie!

Brasilia - hoofstad van Brasilië


Brasilia-lughawe 
Varkgriep is 'n werklikheid en baie passasiers en al die lughawe-
personeel dra maskers. David Maroba op pad na die
"gemaskerde bal"!








Nasionale dag!!

Elke land het 'n stalletjie gehad wat hulle moes bedryf en SA se stalletjie het uitgestaan, met Bafana Bafana as tema. Hulle het sommer solank bemarking vir die 2010 sokker gedoen en die vuvuzelas was 'n groot aantrekkingskrag. Soeweniers eie aan Suid-Afrika en ook sokkeraandenkings is verkoop. 'n Veertjie wat Suid-Afrika se nasionale wenners in hulle hoed kan druk, is dat hulle die kleurvolste en besigste stalletjie gehad het, wat ook die meeste geld gemaak het.


Lara de Villiers en David Maroba
Indien die span nie 'n meisie het om te help met die 
tradisionele danse nie, dan word plan B in werking gestel. 
Hier plooi en tooi Lara de Villiers (een van SAGE
se mentors) David om die verlangde voorkoms te kry!!


Deel van Suid-Afrika se stalletjie
Dinamika 3099 moes ook 'n stalletjie beman en eg Suid-Afrikaanse
aandenkings verkoop. Hier is 'n deel van hulle gewilde stalletjie.
Hulle tema was Bafana Bafana, aangesien 2010 net om die draai lê.
Dus saam met Afrika-kunswerke, is sokkeraandenkings verkoop.




David Maroba in "haar tradisionele kostuum."  Hy moes maar
instaan en meer as een rol vertolk!!

Ria de Villiers en Quinton Eister
Die Vrystaat SAGE-mentors was met een woord ongelooflik.
Die tyd, energie en lojaliteit wat hulle in dié span gesit het,
kan nie gemeet word nie. Geen steen is onaangeroer gelaat
om die span gereed te kry om internasionale vlak te
kompeteer nie. Algehele wenners!!



Henry en Sbu
Party mense dra hulle hart op hulle mou en ander dra
die landsvlag op hul wang ... of was dit 'n geval van draai
die ander wang ... ?



Ria en Henry
Daar is groot mense in die lewe en dan is daar gróót mense! 
Hier is Dr. Ria de Villiers en mnr. Henry Welman saam met
een van die gróót mense van die Nigeriese span. Hierdie
man het sy span tot hoë hoogtes gelei - hulle is 2009 se
algehele wenners!!

Bemarking van SA: danse, videovertoning en sang!

Met Nasionale Dag kry elke land/span 10 minute om sy land bekend te stel aan die res van die wêreld deur middel van 'n kort video, vertellings, danse, sang of wat ookal tipies is van die betrokke land. In Brasilië het Dinamika 3099, Suid-Afrika se nasionale wenners, uitgestaan en is hulle een van net drie spanne wat pryse gekry het vir hulle bekendstelling van hulle land. 'n Kort video van so 4 minute is gewys en daarna het hulle die gehoor met sang en dans op hulle voete gehad. Suid-Afrika, Suid-Korea en Nigerië was die drie lande wat pryse ontvang het. Na aanleiding van hulle vertoning met Nasionale Dag, is die drie lede van Dinamika 3099, naamlik Sibusiso Tshabalala, Eric Plaatjie en David Maroba gevra om met die prysuitdeling- en afsluitingseremonie drie liedere te sing. Die trio is met luide applous begroet.

Die talentvolle sprekers wat ook kan dans en in stemme kan sing!!

Net voor die dansers optree
Net voor die Dinamika 3099-span op die verhoog gaan om
Suid-Afrika aan die res van die wêreld bekend te stel en
'n klompie tradisionele danse uit te voer, het die res van die
"span" langs die "kantlyn" gestaan om vir die dansers te skree,
te motiveer en te vuvuzelaseer!!

Die Suid-Afrikaanse span saam met Rob Best van Amerika,
deel van dr. Curt DeBerg se span van die Sentrum van
Entrepreneurskap aan die Kaliforniese Universiteit.

Leer ken mekaar!

Die span van Brasilië!


Die span van China!

Die Phillipyne, die Kanadese en die span van China!

Nigerië het twee spanne ingeskryf!

China, Nigerië, VSA en die Phillipyne!

Span van die Ukraïne!

Die span van Maleisië!

Suid-Korea!

Twee spanne uit die VSA!

1 comment:

  1. Ek wil graag hier u almal deel oor hoe ek my lening van mnr Benjamin kry wat my help met 'n lening van 400,000,00 euro om my besigheid te verbeter. Benjamin gee my dadelik lening. hier is mnr Benjamin e-pos / whatsapp kontak: +1 989-394-3740, Lfdsloans@outlook.com /

    ReplyDelete