2018 Durban The Oceanic


William Keit is in 1841 in Saksel-Duitsland gebore. In sy jong dae het hy deur Europa gereis en in talle bekende kwekerye gewerk. In 1872 het hy, op aanbeveling van die direkteur van Kew Gardens, na Natal geëmigreer om kurator van die Durbanse Botaniese Tuin te word. 

Die tuin was so vervalle dat Keit dit feitlik van die grond a f weer moes opbou. Alhoewel hy grootliks in hierdie poging geslaag het, asook in die versterking van bande tussen Natal en Kew, kon hy nie die probleme van ’n ernstige droogte, ’n arbeidstekort en ’n tekort aan fondse oorkom nie. Toe hy in 1881 uit sy pos bedank het, het hy ’n stewige fondament nagelaat waarop die beroemde plantkundige John Medley Wood voortgebou het. Later het Keit ’n suksesvolle kwekery in Durban bedryf en 30 jaar lank was hy kurator van die Parke- en Tuinedepartement. In hierdie hoedanigheid het hy meer gedoen as enigiemand anders om die stad Durban te verfraai.



In die Durbanse Botaniese Tuin word jy begroet deur 15 ha 
subtropiese bome, palms, broodbome en orgideë. Die tuin is
in 1849 gevestig en is een van die oudste botaniese tuine in 
Afrika. Een van die hoogtepunte is die orgideëhuis. Besoek
www.durbanbotanicgardens.org.za vir nog besonderhede.





























No comments:

Post a Comment