2012 Die sneeuwit Kersfeestoer


ONS WONDERLIKE WIT KERSFEESTOER MET DIE MOOISTE KERSMUSIEK!
16 - 26 Desember 2012

[Hartsprente is droomprente wat lewe gekry het!]

Dag 1: 16 Desember 2012
Ons het om 16:15 in die Internasionale Vertreksaal van die
OR Tambo-lughawe in Johannesburg bymekaar gekom en
om 20:15 met Swiss Air na Zürich vertrek. (Ons het
aandete en ontbyt op die vliegtuig geniet)





























Dag 2: 17 Desember 2012
Ons het 06:10 in Zürich gearriveer en daarna het ons om
07:00 na Frankfurt vertrek. Om 08:15 het ons in Frankfurt 
geariveer waar ons luukse bus reeds op ons gewag het. 




























Terwyl ons lekker knus teen die koue in ons bus sit,
geniet ons alreeds die mooie natuur tot in Rothenburg ob der
Tauber - die beroemde Middeleeuse stadjie wat jaarliks d
eur
 omtrent 2,5 miljoen toeriste besoek word! 




























Dit is 'n sprokiesagtige ommuurde stadjie - meer as 'n 
duisend jaar oud!

























In Rothenburg wag die interessante stadjie self nog: 
die Jakobskerk met 'n wonderlike houtsnee-altaar van 
Riemenschneider uit die sestiende eeu en pragtige vensters, die 
verskillende stadspoorte, die skilderagtige Taubervallei, die 
interessante Misdaadmuseum met marteltuig, ens.

















Rothenburg ob der Tauber

Rothenburg ob der Tauber

Rothenburg ob der Tauber

































































































In Rothenburg het ons een van die mooiste en grootste
Kersfeeswinkels in Europa besoek!
























Ons het op die keisteenstraatjies tot by die markplein waar 
die Kersmark gehou is, geloop. Hier het die groep hulle eerste 
glasie Glühwein geniet en hulle verlustig in die smaaklike 
Advents-eetgoed van die Duitsers: Schneeballen (sneeuballe -
heerlike ronde koekies), Stollen (Duitse Kerskoek) 
en vele meer!






































No comments:

Post a Comment