Koerantrubrieke



[Alhoewel ons nog net drie keer getrek het, spreek hierdie realistiese rubriek boekdele] 

Só werk die stappe van trek

Die meeste mense het al verhuis. Soms meer as een keer.

'n Goeie vriend wonder hardop waarom die woord "trek" net uit vier letters bestaan as dit so verskriklik baie werk is.

'n Dierbare vriendin beskryf die woord "trek" as 'n vloekwoord.

Daar is mense wat jou tydens 'n trek probeer opbeur Jy moet die geleentheid gebruik as 'n tyd in jou lewe om van oortollige goed ontslae te raak. Weg te gooi.

Oor te begin.

Hulle herinner jou daaraan dat jy oor die bure se bouery en die stukkende straatlig gekla het.

Dan is daar mense wat hul eie negatiewe wedervaringe van trek het. Trek is meer as jou lewe in kartondose pak, dit na 'n ander blyplek vervoer en alles uitpak. Trek is soveel meer as wat hierdie klein woordjie verklap.

Nie dat jy enigsins pos ontvang nie, maar jy moet steeds jou posadres verander. Jy moet die landlyn laat oorplaas, oordra of afsny.

Jy moet met jou versekeringsmaatskappy, internetverskaffer, tuindienste en sekuriteitsmaatskappy reëlings tref.

Die emosionele sy van trek is soms die sieldodenste. Dit is die laaste keer dat jy 'n rugbywedstryd in hierdie huis kyk. Die laaste keer dat jy 'n vleisie braai. Saam met elke ietsie wat sorgvuldig verpak word, word 'n herinnering saam verpak.

Dinge wat gesê is en dinge wat gedoen is. Herinneringe vleg hulself deur die huis se kamers tot in jou hart. Herinneringe wat op 'n manier deel van hierdie paar mure sal bly.

En ná al die gepak en gereël en ongekende harde werk het die oomblik van waarheid aangebreek. Jy sit skielik jou huissleutel in iemand anders se hand en met 'n beklemming in jou hart besef jy: Nou is hierdie nie meer ons huis nie.

[Noordkaap: Potpourri deur Karin Muller] 

https://www.theguardian.com/lifeandstyle/2020/may/31/extreme-night-owls-i-cant-tell-anyone-what-time-i-go-to-bed?utm_source=pocket&utm_medium=email&utm_campaign=pockethits
Naguil

A growing amount of research shows loneliness could be linked to a range of health problems.


No comments:

Post a Comment