2011 Montecasino Johannesburg: Die Neutkraker op ys!!

Die ballet op ys was van 8 Desember 2011 tot 15 Januarie 2012 in die Montecasino. Na 'n heerlike kersete by Jaco en Ronell, het ons die klomp bederf met 'n vertoning by die Montecasino-teater. Hierdie balletkaartjies was sommer ons almal se Kerspresent! Oupa Schalk was die oudste en Michelle die jongste een in ons groep en almal het die Neutkraker terdeë geniet!










Michellie het haar só ingeleef in die ballet dat die mense wat
agter  ons gesit het, gesê het dat om haar dop te hou,
het hulle baie groot plesier verskaf. Hulle het haar
kinderlike meelewing amper meer geniet as die vertoning
self - twee vertonings vir die prys van een! 




Klik HIER om die ander Neutkrakerbladsy te besoek.

No comments:

Post a Comment